George Herald
Fri, 15 May·24°C
Home/News/Local News/Twee Comrades-atlete samel geld vir Kinderkankerstigting in
Local News

Twee Comrades-atlete samel geld vir Kinderkankerstigting in

George Herald
12 June 2025, 06:05(11 months ago)
10,004 views
Twee Comrades-atlete samel geld vir Kinderkankerstigting in
CRADOCK-NUUS - Twee flukse, fikse en vinnige...

CRADOCK-NUUS - Twee flukse, fikse en vinnige atlete het van Nxuba (voorheen Cradock) gereis om op Sondag, 8 Junie, aan die 2025 Comrades Marathon, wat vanjaar vanaf Pietermaritzburg na Durban gelei het, deel te neem.

Beide Corlia Pretorius en Elza Labuscagne het dit voltooi. Pretorius was oor die eindstreep in 10:11:45 en verdien ’n back-to-back-medalje, en Labuscagne in 10:49 ontvang ook een.

“Dit was ’n lang, warm dag, en ons was regtig baie moeg. Die ekstra kilometers het sy tol geëis,” vertel Labuscagne.

Die twee atlete hardloop beide vir die Somerset Oos-atletiekklub, en het hierdie jaar weer in hul Choc (Kinderkankerstigting van Suid-Afrika) -uitrustings gehardloop.

“Ons samel fondse vir Choc in, en enige verdere bydraes is altyd welkom.”

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’

Photos (1)

Twee Comrades-atlete samel geld vir Kinderkankerstigting in
1 / 1

Twee Comrades-atlete samel geld vir Kinderkankerstigting in

Original article: georgeherald.com

Related Articles