George Herald
Fri, 15 May·24°C
Home/News/Local News/Goeie krieket in goeie gees gespeel
Local News

Goeie krieket in goeie gees gespeel

George Herald
25 February 2025, 06:45(about 1 year ago)
6,100 views
Goeie krieket in goeie gees gespeel
CRADOCK NUUS - Twee opwindende...

CRADOCK NUUS - Twee opwindende kragmetings is onlangs tussen Hoërskool Cradock en Hoër Landbouskool Marlow gebied, met albei spanne wat mededingende krieket in goeie gees gelewer het.

Op Vrydag 7 Februarie is ‘n T20-wedstryd gespeel met Marlow wat eerste gekolf het en 103/6 in hul 20 beurte kon aanteken.

Uitblinkers met die bal vir Cradock was Likhanye Dubule (4 boulbeurte, 2/18) en Corne Slabbert (4 boulbeurte, 1/10).

Cradock het gesukkel om vennootskappe te bou en is uiteindelik vir 79 lopies uitgeboul, ondanks ’n briljante kolfbeurt deur Corne Slabbert, wat 52 lopies van slegs 28 balle aangeteken het.

Marlow het die wedstryd met 24 lopies gewen.

Tydens Saterdag 8 Februarie se 40 Beurte-wedstryd het Hoërskool Cradock die tabelle in die langer formaat omgedraai en 'n sterk totaal van 223/7 opgestel.

Zander Swanepoel het die aanslag gelei met 'n kragtige 81 van 55 balle, ondersteun deur Corné Slabbert met 53 van 49 saamgestel.

Marlow het hard geveg in hul jaagtog, maar het net-net te kort geskiet op 211/9.

Michael Kitchen het met die bal gespeel en 'n indrukwekkende 5/31 in 8 boulbeurte geneem, terwyl Tiaan van Zyl met 2/37 ingeskiet het.

Cradock het 'n opwindende oorwinning van 12 lopies verseker.

Hierdie was twee hoogs mededingende wedstryde en die spanne het dit beleef as ’n wonderlike naweek van skoolkrieket, gevul met uitmuntende spel, spanwerk en sportmangees.

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’

Photos (1)

Goeie krieket in goeie gees gespeel
1 / 1

Goeie krieket in goeie gees gespeel

Original article: georgeherald.com

Related Articles