George Herald
Fri, 15 May·24°C
Home/News/Local News/K9-eenhede in Oos-Kaap kort nuwe stertwaaiers
Local News

K9-eenhede in Oos-Kaap kort nuwe stertwaaiers

George Herald
07 February 2026, 06:03(3 months ago)
1,489 views
K9-eenhede in Oos-Kaap kort nuwe stertwaaiers
OOS-KAAP NUUS - As jou slimste troetelhond...

OOS-KAAP NUUS - As jou slimste troetelhond êrens in die afgelope 24 maande babas gehad het, en jy sien die kleingoed is net so slim soos hul ouers, wink daar dalk ’n werk vir die hondekinders.

Die Oos-Kaapse polisie is dringend op soek na hondeskenkings vir hul K9-eenhede.

“’n Kritieke tekort aan geskikte honde belemmer tans noodsaaklike misdaadbestryding, soek- en reddingsoperasies, en opsporingsoperasies regoor die provinsie,” het mediawoordvoerder van die Oos-Kaapse polisie, a.o. Majola Nkohli, op 25 Januarie gesê.

Om oorweeg te word, moet honde gesond, selfversekerd en energiek wees, en nie bang wees vir mense of harde geluide nie.

Voorkeurrasse sluit in Duitse herdershonde, Belgiese Malinois, labradors, rottweilers, bloedhonde, skaaphonde, Jack Russells en Hollandse herdershonde.

’n Streng keuringsproses sal gevolg word, waar daar na die volgende kriteria opgelet sal word:

• Honde is nodig vir opsporings- en soekrolle. Hierdie honde sal dwelm-, plofstof- en vuurwapenopsporing, asook soek en redding doen.

As jou hondjie ’n hoë speel- of prooidryf toon, met ander woorde gek is daaroor om balle of speelgoed te jaag, kan hy/sy dalk in aanmerking kom.

• Honde word ook benodig vir patrollie- en aanhoudingrolle. Om hiervoor opgelei te kan word, moet jou hondjie ’n nie-emosionele, roofagtige prooidryf toon.

Sulke honde moet oor die beheerde aggressie beskik wat nodig is vir verdagte-aanhouding en beskermingswerk.

Alle voornemende skenkers word dringend versoek om die K9-eenheid-skenkingskoördineerder a.o. Chris Heggie, by 072 735 0116 te kontak.

Jou bydrae kan polisiëring aan die voorste linie direk ondersteun en lewens red.

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’

Photos (1)

K9-eenhede in Oos-Kaap kort nuwe stertwaaiers
1 / 1

K9-eenhede in Oos-Kaap kort nuwe stertwaaiers

Original article: georgeherald.com

Related Articles