George Herald
Fri, 15 May·24°C
Home/News/Sport/Vuka-rugby bring ses streke bymekaar
Sport

Vuka-rugby bring ses streke bymekaar

George Herald
05 September 2025, 06:54(8 months ago)
7,532 views
Vuka-rugby bring ses streke bymekaar
STREEKNUUS - Mosselbaai, George, Oudtshoorn,...

STREEKNUUS - Mosselbaai, George, Oudtshoorn, Hessequa, Knysna en Kannaland se seuns het verlede week in die eindronde van die SWD se Vuka-program vir o. 15-spelers gespeel.

Die spanne het mekaar op Woensdag 27 Augustus by Van Riebeeck-stadion die stryd aangesê. Drie wedstryde is gespeel.

Oudtshoorn het Kannaland met 35 - 10 geklop, George het Mosselbaai met 30 - 10 die knie laat buig en Hessequa en Knysna se wedstryd het met 15 elk gelykop geëindig.

Martin-John de Vos, SWD se hoof van rugbysake, sê ses streke neem elke jaar aan die Vuka-program deel.

Elke streek hou hul proewe afsonderlik om hul beste span saam te stel.

Die program word ook gebruik as 'n platform om die SWD se o. 15-rugbyspan te kies wat die unie elke jaar by die nasionale Hollywood Foundation Iqhawe-rugbyweek verteenwoordig. Daar word ook sedert 2023 'n o. 15- Vuka XV gekies.

Woensdag se geleentheid is gebruik om dié twee spanne te kies. De Vos sê daar is nog prosesse om te volg voor die spanne amptelik saamgestel is, maar hulle behoort hierdie week bekendgemaak te word.

Vanjaar se Iqhawe-week vind van 5 tot 9 Oktober in Oudtshoorn plaas.

'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’

Photos (2)

Vuka-rugby bring ses streke bymekaar
Knysna-Plett Herald 5 February 2026
1 / 2

Vuka-rugby bring ses streke bymekaar

Original article: georgeherald.com

Related Articles