George Herald
Fri, 15 May·24°C
Home/News/Athletics/Rekords spat by Volkskool se kleure-atletiek
Athletics

Rekords spat by Volkskool se kleure-atletiek

George Herald
01 February 2024, 00:25(over 2 years ago)
6,969 views
Rekords spat by Volkskool se kleure-atletiek
GRAAFF-REINET NUUS - Laer Volkskool se...

GRAAFF-REINET NUUS - Laer Volkskool se onlangse kleure-atletiekbyeenkoms was ‘n reusesukses.

Die atlete het almal uitstekend gevaar en die Rupertspan met hulle vuurwaens en die Reinetspan met hulle spoggerige Ford-bakkie, het gesorg vir groot opwinding.

Die ouers en onderwysers wat in die aflositems deelgeneem het, het ook nie teleurgestel nie.

Hardus Lötter verbeter die 80 m-rekord vir seuns o.9. Die bestaande rekord was 12,87s en hy voltooi die resies in 12,79s. Lee- Jon Blignaut verbeter die 200 m-rekord vir seuns o.13. Die bestaande rekord was 30,16s en hy voltooi die resies in 28,18s. Lee- Jon hou tans ook rekords in vier verskillende ouderdomsgroepe.

Janike van Zyl verower die victrix ludorum-trofee en Gideon Viljoen is aangewys as victor ludorum.

Die Reinetspan het as wenspan uit die stryd getree met 869 punte teenoor die 800 punte van die Rupertspan.

GALERY: Rekords spat by Volkskool se kleure-atletiek

Janike van Zyl met die victrix ludorum-trofee.

Hardus LötterGideon ViljoenLee- Jon hou tans rekords in vier verskillende ouderdomsgroepe.

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’

Photos (5)

Rekords spat by Volkskool se kleure-atletiek
Rekords spat by Volkskool se kleure-atletiek
Rekords spat by Volkskool se kleure-atletiek
Rekords spat by Volkskool se kleure-atletiek
Rekords spat by Volkskool se kleure-atletiek
1 / 5

Rekords spat by Volkskool se kleure-atletiek

Original article: georgeherald.com

Related Articles