George Herald
Fri, 15 May·24°C
Home/News/Athletics/Tweekamp se parebyeenkoms vir die pret
Athletics

Tweekamp se parebyeenkoms vir die pret

George Herald
28 January 2026, 06:15(4 months ago)
7,945 views
Tweekamp se parebyeenkoms vir die pret
OUDTSHOORN NUUS - Onder die vaandel van...

OUDTSHOORN NUUS - Onder die vaandel van Eden-tweekamp, is die Wimpy Doubles-byeenkoms Dinsdagmiddag tussen 17:00 en 18:30 by die De Jager-sportstadion en die NA Smit-swembad aangebied.

Volgens Dave van der Walt van Eden-tweekamp neem spanne van twee elk aan die byeenkoms deel. Een spanlid is ’n erkende tweekampatleet terwyl die spanmaat nog nooit aan tweekamp deelgeneem het nie.

Een spanlid hardloop en die ander spanlid swem. Die hardloopafstande wissel volgens ouderdomsgroepe tussen 400 m en 800 m en by die swemafdeling is die afstande 25 m, vir die o. 8-deelnemers en dan 50 m en 100 m vir die volgende ouderdomsgroepe. Die tye vir albei items word gebruik om wenners in die verskillende afdelings aan te wys.

Tydens Dinsdag se byeenkoms het 24 spanne van twee lede elk deelgeneem.

“Alhoewel die Wimpy Doubles ’n pretbyeenkoms is, waar deelname eerder as prestasie die fokus is, is dit ook ’n ontwikkelingsgeleentheid om tweekamp te bevorder en atlete aan die sport bekend te stel,” het Van der Walt gesê.

Galery: Tweekamp se parebyeenkoms

Die ontwikkelingsbyeenkoms word ondersteun deur departement van kultuursake en sport (DKES) en geborg deur Wimpy.

Die wenners en hul punte is as volg:

  • Champions: Libby Swanepoel en Misha Meyer met (2145)
  • Laps & Laces: Alrie Eloff en Lheanè du Plessis (2125)
  • Storm Dragons: Jean de Villiers en Daniel Martin (2120)
  • Beste swempunt: Lheanè du Plessis (1080)
  • Beste hardlooppunt: Jean Botha (1110)

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’

Photos (2)

Tweekamp se parebyeenkoms vir die pret
Oudtshoorn Courant 5 February 2026
1 / 2

Tweekamp se parebyeenkoms vir die pret

Original article: georgeherald.com

Related Articles