Tornadoes 2026 se junior vlakkiekrieketkampioene

OUDTSHOORN NUUS - Die Tornadoes het Sondag 1 Februarie die jaarlikse junior vlakkie-kriekettoernooi op 'n drafstap gewen toe hy die Riempie Boys van Riemvasmaak oortuigend in die eindstryd op Legende Park met 98 lopies verslaan het.
Die toernooi is deur gemeenskaps-leier, Phillip Seroux en sy span aangebied.
Die wenspan het eerste gekolf en in 16 boulbeurte 'n reusetelling van 117 lopies op die telbord geplaas danksy die flink kolfwerk van Quade Carlos wat 71 lopes van 54 balle bygedra het.
Toekomsrus se kolwers het jammer-lik gefaal en is vir 'n skamele 19 lopies uitgeknikker.
Carolus is as speler van die wedstryd aangewys en Enrico Booysen van die Riempie Boys as bouler van die toernooi.
Die twee spanne wat om die derde en vierde plekke sou uitspeel, Dysselsdorp en die Witblok, het weens vervoerprobleme nie vir hul wedstryd opgedaag nie.
Seroux het sy dank uitgespreek teenoor almal wat 'n bydrae gelewer het om van die eindstryd asook die toernooi in geheel, so 'n groot sukses te maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’
Photos (2)


Tornadoes 2026 se junior vlakkiekrieketkampioene


