George Herald
Fri, 15 May·24°C
Home/News/Athletics/Reën demp nie Palm Tyre se glans
Athletics

Reën demp nie Palm Tyre se glans

George Herald
11 December 2025, 06:36(5 months ago)
1,355 views
Reën demp nie Palm Tyre se glans
GEORGE NUUS - Nie eens swaar reën of die afwesigheid van twee van Atletiek SWD se uitblinkers kon Saterdag die geesdrif by die 29ste Palm Tyre-padwedlope kelder nie. Waar die George-opgaardam

Correspondent Hugo Redelinghuys

GEORGE NUUS - Nie eens swaar reën of die afwesigheid van twee van Atletiek SWD se uitblinkers kon Saterdag die geesdrif by die 29ste Palm Tyre-padwedlope kelder nie.

Waar die George-opgaardam se vlak al benoud laag is, het hardlopers die vroegoggend buie verwelkom - en met dieselfde ywer die nat strate aangedurf.

Hoewel Lloyd Bosman (Nedbank) elders in aksie was - hy het in Gqeberha deelgeneem - en sy klubmaat Melissa van Rensburg steeds van ’n besering herstel, het sowat 400 entoesiastiese atlete opgedaag om hul uithouvermoë in uitdagende omstandighede te toets.

Palm Tyres se wiele het glad gerol en wéér bewys waarom dié padwedloop een van die streek se gewildstes bly.

Bruce Maboza (Nedbank) het van die eerste kilometer af die pas aangegee en nooit teruggekyk nie. Hy het die 21,1 km-roete in ’n indrukwekkende 1:13:30 voltooi om eerste oor die eindstreep te draf.

Sy klubmaat Luciano Squire het sterk gevolg en tweede geëindig in 1:17:06, met Outeniqua Harriers se Jerome Ferland kort op sy hakke in 1:17:22 vir die derde plek.

By die vroue het Neridda Lubbe (Nedbank) se konstante tempo en koel kop haar tot die halfmarathontitel in 1:34:30 gedra.

Die Knysna-atleet Nikki Walter het net vier sekondes later oor die streep geglip (1:34:34), terwyl Cherice Carreira (Boxer) die derde plek in 1:37:10 ingeneem het.

In die 10 km-wedloop was daar geen keer aan Austin Koopman (Rainbow) nie, wat in 32:34 ’n oortuigende oorwinning behaal het. Hanli Etsebeth (Boxer) was op haar beurt die vinnigste vrou en het in 38:59 ’n puik prestasie gelewer.

Nee, ons gee nie oor nie. Ons is op pad na die eindstreep, sê André en Joanie Calitz.

1.Geraldine Loftie-Eaton (Nedbank) 1:31:09.Waarskynlik die natste waterpunt by die Palm Tyres-padwedlope Saterdag was in Ericastraat waar Ters Giliomee en sy Top Gear-span die punt benat het.

Photos (13)

Reën demp nie Palm Tyre se glans
Reën demp nie Palm Tyre se glans
Reën demp nie Palm Tyre se glans
Reën demp nie Palm Tyre se glans
Reën demp nie Palm Tyre se glans
Reën demp nie Palm Tyre se glans
Reën demp nie Palm Tyre se glans
Reën demp nie Palm Tyre se glans
Reën demp nie Palm Tyre se glans
Reën demp nie Palm Tyre se glans
Reën demp nie Palm Tyre se glans
Reën demp nie Palm Tyre se glans
Reën demp nie Palm Tyre se glans
1 / 13

Reën demp nie Palm Tyre se glans

Tags:palm tyresgeorgeathleteswedloop
Original article: georgeherald.com

Related Articles