Opwindende muurbal by toernooi in George

In die amateurafdeling het Jimmy van Niekerk die mansafdeling gewen met Scott Hudson in die tweede plek.
GEORGE NUUS - Die ope toernooi van die Professionele Muurbalvereniging (Professional Squash Association / PSA) die afgelope naweek het opwindende wedstryde opgelewer. George-muurbalklub het die toernooi aangebied.
Damian Groenewald het as die wenner in die mansafdeling uit die stryd getree met John Anderson as die naaswenner.
Kimberly McDonald het die eerste gekeurde Helena Hudson onttroon as verdedigende kampioen in die vroueafdeling en Hudson moes met die tweede plek tevrede wees.
In die amateurafdeling het Jimmy van Niekerk die mansafdeling gewen met Scott Hudson in die tweede plek.
Uit die 50 deelnemers was 38 professionele spelers wat vanoor Suid-Afrika asook Zimbabwe en Zambië hier byeengekom het. Volgens die organiseerder, JP Brits, was hierdie een van die grootste toernooie wat jaarliks in die Tuinroete gehou word.
Hy het gesê dit was ’n geleentheid vir Georgiete om die beste Suid-Afrikaanse en ander Afrika-spelers plaaslik in aksie te sien en vir plaaslike spelers om kragte te meet met van die bestes in die land en waardevolle ondervinding op te doen. Spelers het internasionale ranglyspunte verdien.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’
Photos (1)

Opwindende muurbal by toernooi in George


