George Herald
Fri, 15 May·24°C
Home/News/We Care/Ondersteun JJ Watson se maandelikse verkoping
We Care

Ondersteun JJ Watson se maandelikse verkoping

George Herald
19 November 2025, 09:53(6 months ago)
3,958 views
Ondersteun JJ Watson se maandelikse verkoping
GEORGE NUUS - Huis JJ Watson se volgende...

GEORGE NUUS - Huis JJ Watson se volgende maandelikse verkoping vind plaas op Dinsdag 2 Desember van 08:00 tot 12:00.

Hulle verkoop knypkoekies (jaffles) vir R25, pannekoek, asook koffie en tee wat besoekers in die teetuin kan geniet.

Besoekers kan snuffel vir winskopies onder ’n groot voorraad tweedehandse klere en boeke. ’n Nuwe voorraad boeke word uitgepak en kan opgeraap word teen slegs R10 vir vyf.

Skenkings van klere, boeke en items vir die witolifanttafel word altyd verwelkom. Donasies kan by die skenkers opgelaai word.

Kontak Laetitia Dysel by 066 186 5849 vir meer inligting.

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’

Photos (1)

Ondersteun JJ Watson se maandelikse verkoping
1 / 1

Ondersteun JJ Watson se maandelikse verkoping

Original article: georgeherald.com

Related Articles