Mosselbaai Titans en Brandwag se Happy Hearts kry elk ’n wen

BRANDWAG NUUS EN VIDEO - Twee Mosselbaai-klubs het die afgelope naweek in vriendskaplike wedstryde teen mekaar te staan gekom.
Die Mosselbaai Titans (eerste liga, B Wes) en Brandwag se Happy Hearts (eerste liga, A) kon Saterdag 31 Januarie darem elk ’n stukkie van die oorwinnigskoek op Brandwag kry.
By die B-spanwedstryd het Happy Hearts oortuigend met 26 - 0 gewen. Tussen die twee A-spanne het die Titans egter met ’n eindtelling van 30 - 21 koning gekraai.
Die spanne uit die verskillende SWD-ligas speel tans vriendskaplike wedstryde ter voorbereiding van die komende rugbyseisoen.
Die Titans se president, Niklaas Booisen, het na afloop van die wedstryde met van die spelers gesels.
VIDEO: Happy Hearts B-spankaptein Neil Mostert
Your browser does not support HTML5 video.Video: Niklaas Booisen
VIDEO: Mosselbaai Titans afrigter Vincent Blaauw en A-spankaptein William Jordaan
Your browser does not support HTML5 video.Video: Niklaas Booisen
Hier is die spanne wat die groter Mosselbaai-gebied in die SWD-ligas verteenwoordig:Superliga:• Mosselbaai Barbarians• Groot-BrakrivierEerste liga, A:• Happy Hearts (Brandwag)Eerste liga, B Wes:• Thistles (Friemersheim)• Mosselbaai Titans• Mosselbaai MarlyneKusstreekliga:• Universals (Mosselbaai DKD Jeugsentrum)• Shamrocks (Buisplaas)• Herbertsdale Warriors• Sunshine United (Sonskynvallei)• Hungry Lions (Klein-Brakrivier)• Proteas (Ruiterbos).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’
Photos (1)

Mosselbaai Titans en Brandwag se Happy Hearts kry elk ’n wen


