George Herald
Fri, 15 May·24°C
Home/News/We Care/Kerspartytjie bring vreugde aan kinders van Wilderness Hoogte
We Care

Kerspartytjie bring vreugde aan kinders van Wilderness Hoogte

George Herald
17 December 2025, 10:07(5 months ago)
8,929 views
Kerspartytjie bring vreugde aan kinders van Wilderness Hoogte
GEORGE NUUS - ’n Heerlike...

GEORGE NUUS - ’n Heerlike Kerspartytjie is op Woensdag 10 Desember vir die kinders van Wilderness Hoogte aangebied het. Die geleentheid het groot vreugde gebring en sou nie moontlik gewees het sonder die ondersteuning van verskeie rolspelers nie.

Raadslid Marlene Viljoen het gesê dat na drie weke van hoes, hyg en nies, sy bly was dat sy steeds deel kon wees van die span.

Sy het haar opregte dank uitgespreek aan die Vleie NG Kerk, Sonja Burger, die Wildernis belastingbetalersvereniging, (WRRA) en Nikki Jackman van die Upliftment Programme vir hul bydraes en betrokkenheid wat die sukses van die dag verseker het.

Lekker worsbroodjie en kolwyntjies

Die program het begin met ’n Kersspel wat deur Die Vleie NG Kerk aangebied is, waarna die kinders en gemeenskap saam Kersliedere gesing het. Nikki Jackman het die gehoor verder vermaak met musiek en optredes wat die feestelike gees versterk het.

Daarna is worsbroodjies, kolwyntjies en koeldrank aan die kinders bedien. Elke kind het ook ’n partytjiepakkie ontvang om huis toe te neem. In totaal is daar vir 180 kinders voorsiening gemaak.

Nikki Jackman van die Upliftment Programme bring vreugde en geluk deur dans en beweging. Foto: Verskaf

Die organiseerders het hul dank uitgespreek teenoor almal wat bygedra en geskenk het om die middag moontlik te maak. Die Kerspartytjie was ’n besondere oomblik van saamwees en omgee, en het weer gewys wat bereik kan word wanneer die gemeenskap saamstaan om vreugde aan kinders te bring tydens die feestyd.

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’

Photos (3)

Kerspartytjie bring vreugde aan kinders van Wilderness Hoogte
Kerspartytjie bring vreugde aan kinders van Wilderness Hoogte
Kerspartytjie bring vreugde aan kinders van Wilderness Hoogte
1 / 3

Kerspartytjie bring vreugde aan kinders van Wilderness Hoogte

Original article: georgeherald.com

Related Articles