Gimmies blink uit by kleure-atletiek

OUDTSHOORN NUUS - Langenhoven Gimnasium het Vrydag 23 Januarie hul jaarlikse kleurebyeenkoms aangebied, waartydens 'n uitstekende gees geheers het en atlete besonder goed gevaar het.
Verskeie baan- en veldrekords is tydens die byeenkoms verbeter.
Ané Bester het die 1 500 m vir dogters o. 19 gewen met 'n tyd van 5:11:20, terwyl Equin Josephs in die seuns o. 17-hoogspring 'n hoogte van 1,96 m behaal het.
Lian Verwey het die 800 m vir seuns o. 17 in 2:02 gewen, en Janko Joubert het die 100 m-hekkies vir seuns o. 14 voltooi in 'n tyd van 15:30.
Galery: Gimmies vang gees by kleure-atletiek
In die velditems het William Deck 'n afstand van 12,81 m in die seuns o. 19- gewigstoot aangeteken, terwyl Daniel Laufs die spiesgooi vir seuns o. 14 met 'n gooi van 42,26 m gewen het. Liam Jansen het ook 'n rekord opgestel in die 200 m vir seuns o. 14 met 'n tyd van 24:08 sekondes.
Marli de Jongh is as junior victrix ludorum aangewys, met Amanda Joubert as senior victrix ludorum. In die seunsafdelings is Aden-John Meyer as junior victor ludorum aangewys, terwyl William Deck die titel van senior victor ludorum ontvang het.
Die Blouspan-dirigente het die atletiek-beker gewen en die Witspan-dirigente het die geesbeker gewen.
Die Blouspan se dirigente het die atletiekbeker gewen. Foto's verskafDie Witspan se dirigente het die geesbeker gewen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’
Photos (4)




Gimmies blink uit by kleure-atletiek


