George Herald
Fri, 15 May·24°C
Home/News/Golf/Gholfontwikkeling in Rosemoor kry vlerke
Golf

Gholfontwikkeling in Rosemoor kry vlerke

George Herald
11 September 2025, 13:55(8 months ago)
6,951 views
Gholfontwikkeling in Rosemoor kry vlerke
GEORGE NUUS - Vir die afgelope paar jaar dra Joseph Booysen sy deel by tot gholfontwikkeling in Rosemoor deur kinders by die sport betrokke te kry. Elke Saterdag kry belangstellendes die geleentheid

GEORGE NUUS - Vir die afgelope paar jaar dra Joseph Booysen sy deel by tot gholfontwikkeling in Rosemoor deur kinders by die sport betrokke te kry.

Elke Saterdag kry belangstellendes die geleentheid om 'n paar balle te slaan, en van tyd tot tyd bied hy ook gholfklinieke aan.

Op Saterdag 6 September het sowat 50 kinders uit die gemeenskap aan 'n gholfkliniek op die oefenbaan in Rosemoor deelgeneem.

Booysen werk intussen aktief met omtrent 10 jong spelers wat reeds provinsiale kleure verwerf het.

"Ons hou die kinders van die strate af en leer hulle van eerlikheid en wat dit beteken om vir jou drome te werk. Hier is baie talent, dit moet net ontdek word," sê hy.

Booysen nooi die gemeenskap uit om sy projek te ondersteun. Vir meer inligting of om 'n bydrae te maak, skakel hom by 061 525 1774.

Photos (1)

Gholfontwikkeling in Rosemoor kry vlerke
1 / 1

Gholfontwikkeling in Rosemoor kry vlerke

Tags:joseph booysengolfgholfrosemoorchildren
Original article: georgeherald.com

Related Articles