Eden-proewebyeenkoms lok meer as 250 inskrywings

TUINROETE NUUS - Die 2026 deel van die Eden-tweekampseisoen het op Dinsdag 20 Januarie afgeskop met 'n baie suksesvolle proewebyeenkoms by die De Jager-sportkompleks en die NA Smit-swembad in Oudtshoorn.
In heerlike koel weer het meer as 250 atlete meegeding vir plek in die Eden-spanne wat op 7 Februarie aan die DCAS/Groter Oudtshoorn/Highgate IP gaan deelneem, ook in Oudtshoorn.
Dié spanne, Eden Meriete, B- en Ontwikkelingspanne, is op 21 Januarie aangekondig.
Dié spanne betrek meer as 170 atlete uit Eden. Die ander provinsies wat deelneem is WP, Boland, OP, Vrystaat, Grens en Griekwaland-Wes.
Drie nuwe Eden-rekords is by die afgelope Eden-proewebyeenkoms verbeter:
Seuns o. 8: Simeon Bezuidenhout 2113,60
Seuns o. 13: Judah Spies 2117,39
Vroue junior: Cornel Kruger 2027,97.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’
Photos (2)


Eden-proewebyeenkoms lok meer as 250 inskrywings


