George Herald
Fri, 15 May·24°C
Home/News/Sport/Altesaam 5 medaljes vir Mosselbaai-leerders in eSwatini
Sport

Altesaam 5 medaljes vir Mosselbaai-leerders in eSwatini

George Herald
26 August 2025, 06:17(9 months ago)
7,082 views
Altesaam 5 medaljes vir Mosselbaai-leerders in eSwatini
MOSSELBAAI NUUS & VIDEO...

Video

MOSSELBAAI NUUS & VIDEO - Mosselbaai-atlete Tyroyd Arendse en Jordan Sydon is tans in Eswatini waar hulle aan die Konfederasie van Skolesportverenigings van Suider-Afrika se 2025 spele deelneem.

Die spele vind van 23 tot 28 Augustus by Somhlolo Nasionale Stadion in Lobamba plaas waar skole van Suid-Afrika, Eswatini, Lesotho en Zimbabwe in verskeie sportsoorte meeding.

Met hul voortgesette prestasies in atletiek is Tyroyd (Diaz Primêr) en Jordan (Laerskool Park) se paaie na Eswatini nie onbekend aan die gemeenskap nie. Hulle het albei o. 14 deelgeneem.

Tyroyd het twee goue medaljes ingepalm, een vir die 800 m en nog een vir aflos.

Terwyl hy Suid-Afrika buite die landsgrense verteenwoordig, is hy ook op 23 Augustus deur die Mosselbaai-sportraad as die Primêre Skool Sportman van die Jaar aangewys.

Sy ma, Sue-Ann, het sy toekenning namens hom in ontvangs geneem.

“Ek wil net vir hom sê sy mammie is super trots op hom en hy moet aanhou droom en glo. Sy deursettingsvermoë het vandag gewys hy kan,” het sy aan Mossel Bay Advertiser ná sy prestasie in Eswatini gesê.

VIDEO: Tyroyd in aksie in eSwatini

Your browser does not support HTML5 video.

Jordan het op sy beurt ook twee goue medaljes verdien, een vir 80 m-hekkies en ook vir aflos. Hy het ook ’n silwermedalje vir verspring gekry.

VIDEO: Jordan baan sy weg in eSwatini

Your browser does not support HTML5 video.

By die sportraad se toekennings was Jordan kort op sy landgenoot se hakke, en is as naaswenner in die Primêre Skool Sportman van die Jaar-kategorie aangewys.

Sy ma, Burne-Lee, het ook natuurlik geen tekort aan trots nie.

“Baie geluk, Jordan, met jou uitmuntende prestasie in atletiek. Jou harde werk, dissipline en deursettingsvermoë maak ons as jou ouers baie trots. Hou aan om jou talente ten volle te gebruik - die toekoms lyk blink vir jou.”

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’

Photos (1)

Altesaam 5 medaljes vir Mosselbaai-leerders in eSwatini
1 / 1

Altesaam 5 medaljes vir Mosselbaai-leerders in eSwatini

Original article: georgeherald.com

Related Articles