George Herald
Fri, 15 May·24°C
Home/News/Academic/Van Groot-Brak tot Stellenbosch: Keano se pad vorentoe
Academic

Van Groot-Brak tot Stellenbosch: Keano se pad vorentoe

George Herald
13 January 2026, 02:45(4 months ago)
5,067 views
Van Groot-Brak tot Stellenbosch: Keano se pad vorentoe
GROOT-BRAKRIVIER NUUS -  Keano Fortuin,...

GROOT-BRAKRIVIER NUUS -  Keano Fortuin, Groot-Brak Senior Sekondêre Skool se toppresteerder, sê hy het elke dag hard gewerk en was daarom nie verras oor sy uitslae nie.

Hy het ’n gemiddeld van 77,9%.

Fortuin was egter uit sy vel van opgewondenheid toe hy hoor dat hy as die skool se beste matrikulant vir 2025 aangewys is.

Sy raad aan ander leerders is om elke dag jou beste te doen.

Keano Fortuin. Foto: Denise Lloyd

Hy sien nou uit na die volgende stap op sy lewenspad, wanneer hy volgende jaar ’n BCom-graad aan die Universiteit Stellenbosch gaan studeer.

Sy droom is om eendag ’n geoktrooieerde rekenmeester te word.

Sy pa, Julian Fortuin, beskryf hom as ’n nederige seun wat altyd sy beste gee en ander mense graag help.

Sy ma, Zandria, sê sy kan nie trotser wees nie, terwyl sy kleinsus, Charnika, sê sy sal beslis eendag in ouboet se voetspore wil volg.

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’

Photos (2)

Van Groot-Brak tot Stellenbosch: Keano se pad vorentoe
Van Groot-Brak tot Stellenbosch: Keano se pad vorentoe
1 / 2

Van Groot-Brak tot Stellenbosch: Keano se pad vorentoe

Original article: georgeherald.com

Related Articles