Van 45% na 77,3% in net 2 jaar! - Juf. Carol maak van mnr. Carel 'n groot sukses

SKOLENUUS - Behalwe die goeie resultate wat Graaff-Reinet se skole in die 2024 eindeksamen behaal het, het ander skole in die Dr Beyers Naude Plaaslike Municipaliteit ook baie goed gevaar.
Hoërskool Carel du Toit
Die styging in Hoërskool Carel du Toit in Steytlerville se slaagsyfer van net 45% in 2022 tot 67,8% in 2023 na Carol Brandt-Hoffman in 2023 as skoolhoof aangestel is, en die stewige sprong in 2024 na 77,3% - is 'n verbetering van 32,3% in net twee jaar!
Die groei is voorwaar 'n groot pluimpie vir Brandt-Hoffman, die eerste vrouehoof van die skool, en haar span.
Bridgette Stout is die skool se topmatrikulant met ‘n gemiddeld van 70,42%, gevolg deur Cleotilda Daniëls met 68% en Nontlantla Macoba met 67%.
Brandt-Hoffman sê die onderwysers is 'n lekker span en hulle werk heerlik saam.
Sy het kort na haar aanstelling gesê dat die ouers bankvas agter haar staan om van die skool 'n sukses te maak en dat een van haar prioriteite is om die matriekslaagsyfer te verbeter.
Hierin het sy met vlieënde vaandels geslaag. Ons hou duim vas vir die klas van 2025!
Willowmore Sekondêr
Willowmore Sekondêr se klas van 2024 het ‘n slaagsyfer van 68,7% behaal. Die topmatrikulant is Florencia Wildschut met ‘n gemiddeld van 74,5%.
Aberdeen Sekondêr
Aberdeen Sekondêr se slaagsyfer is 'n wonderlike 89,1% en die topmatrikulant, Urnestine Jantjies, het ‘n gemiddeld van 78,8%. Sy spog met drie onderskeidings.
Gcinubuzwe Combined School
Gcinubuzwe Combined School in Jansenville het vir die vyfde jaar in ‘n ry ‘n 100% slaagsyfer behaal.
Hoërskool Jansenville
Hoërskool Jansenville se slaagsyfer is 'n uitstekende 97,4%.
Klipplaat Sekondêr
Klipplaat Senior Sekondêr het 'n indrukwekkende slaagsyfer van 85,7% behaal.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’
Photos (1)

Van 45% na 77,3% in net 2 jaar! - Juf. Carol maak van mnr. Carel 'n groot sukses
Related Articles

Grade ones welcomed at Union Preparatory School
GRAAFF-REINET NEWS AND VIDEO - There was...

Spandau celebrates 75th anniversary
GRAAFF-REINET NEWS AND VIDEO - Spandau...

Graaff-Reinet Museum inspires young minds
KAROO NUUS - The Graaff-Reinet Museum...
