George Herald
Fri, 15 May·24°C
Home/News/Social/Môrester vier 90 jaar
Social

Môrester vier 90 jaar

George Herald
21 January 2026, 00:40(4 months ago)
5,457 views
Môrester vier 90 jaar
OUDTSHOORN NUUS - Hoërskool...

OUDTSHOORN NUUS - Hoërskool Môrester het Sondag sy 90ste verjaarsdag afgeskop met 'n spesiale diens in die Bridgton VGK. Emeritus ds. Noël Pietersen, 'n oudleerder, het die boodskap gelewer op grond van 1 Samuel 7:12: "Tot hiertoe het die Here ons gehelp."

Tydens die diens is 'n krans deur Belinda Muller, wat meer as 40 jaar by die skool betrokke was, gelê om dankie te sê vir 90 jaar se groei en genade.

Die skool het ook 'n fondsinsamelings-projek van stapel gestuur om 'n broodnodige skoolbus aan te skaf.

Volgens Muller het Môrester oor die jare talle bekendes opgelewer. Twee dokters, Booi van der Berg en Julian Jacobs, uit die sewentigs en vroeë tagtigerjare. Oud-Springbok Kabamba Floors, tans die Maties se afrigter, is ook 'n oud-Moritaan.

Die rugbyspelers van weleer, Desmond Malgas, Hennie Konstabel en Frank Pikaan kon nie in die apartheidsjare vir die Springbokke speel nie, maar is later jare wel met Springbok-baadjies vereer.

Die Protea-krieketspeler, Glenton Stuur-man, asook die bekende SA tennisspeler, wat nog verlede jaar in Kroasië vir Suid-Afrika in die 80+ kategorie deelgeneem het, Garnett Wicomb, en Hilton Buis wat in die SA Magte Gholfspan opgeneem en het in Kenia gaan speel het is ook oud-Moritane.

Ander bekende oudskoliere sluit is: adv. Joey Moses, adv. Herrick Richards, hy praktiseer tans in die Suid Afrikaanse Lugdiens, past. JP Plaatjies, vader John Atkinson en wyle eerw. Davey Booysen.

Môrester was ook bekend vir sy musiekblyspele en het talentvolle kunstenaars en skrywers opgelewer, soos Riaan Visman, Ricardo Arends, Dawnay Poggenpoel en John Theodore.

Die skoollied is in 2009 deur Salome Herold geskryf en getoonset deur Glynn April. Volgens Muller het Môrester ook 'n rol in die bevryding van Suid-Afrika gespeel, met strydikone soos Reggie Oliphant, dr. David Piedt en Carol Moses wat bygedra het tot die erkenning van die skool en Oudtshoorn.

Skoolgeskiedenis

Môrester het in 1936 in 'n tabakskuur in Noordstraat begin, met SP Heunis as eerste hoof. In 1950 is dit na Bridgton verskuif. Daarna het dr. Bergins, Fred Raubenheimer (1962-1969), Harold Muller (1970-1977), Ralph Vass (1978), Brian Isaacs (1979-1985) en George Snyman (1986) as hoofde gedien. Jacobus Francis was die langs dienende hoof (1991-2017), gevolg deur Vernatt Sabad (2018-2020) en waarnemende hoofde, tot Brandon Claassen in 2025 permanent aangestel is.

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’

Photos (2)

Môrester vier 90 jaar
Oudtshoorn Courant 5 February 2026
1 / 2

Môrester vier 90 jaar

Original article: georgeherald.com

Related Articles