George Herald
Fri, 15 May·24°C
Home/News/Crime/Kuierplek-moordsaak weer uitgestel
Crime

Kuierplek-moordsaak weer uitgestel

George Herald
03 February 2026, 23:21(3 months ago)
8,132 views
Kuierplek-moordsaak weer uitgestel
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen die...

OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen die 36-jarige Jacques Roman van Oudtshoorn, wat van die moord op die 39-jarige Lesley-Ann Jullies aangekla word, is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof tot 25 Februarie uitgestel in afwagting op 'n beslissing van die senior streekhofaanklaer ten opsigte van 'n moontlike pleitooreenkoms met die staat.

Jullies het in die vroeë oggendure van 2 Maart 2025 in The Godfather Sport-kroeg in Voortrekkerweg gesterf nadat die beskuldigde haar glo met 'n glas gegooi en sy dood gebloei het.

Roman is borgtog geweier omdat hy nog twee hangende sake van poging tot moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer het. Hy het glo ook ooggetuies gedreig om nie verklarings by die polisie af te lê nie.

Die saak dien voor streeklanddros Ntsoki Moni en Mervan Saaiman is die aanklaer.

Roman word deur Margaretha Aucamp van die Regshulpraad verteenwoordig.

Vorige berigte:

  • Glas-moordsaak na streekhof
  • Borgtog geweier aan moordverdagte
  • Vrou wat in kuierplek sterf ter ruste gele
  • Glasstuk eis 'n lewe

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’

Photos (2)

Kuierplek-moordsaak weer uitgestel
Oudtshoorn Courant 5 February 2026
1 / 2

Kuierplek-moordsaak weer uitgestel

Original article: georgeherald.com

Related Articles