George Herald
Fri, 15 May·24°C
Home/News/Crime/Velle van tien gesteelde skape gevind
Crime

Velle van tien gesteelde skape gevind

George Herald
30 July 2024, 08:36(almost 2 years ago)
3,172 views
Velle van tien gesteelde skape gevind
HOFMEYR NUUS - Hofmeyr en omgewing, soos die...

HOFMEYR NUUS - Hofmeyr en omgewing, soos die meeste distrikte waar intensief met vee geboer word, ondervind voortdurend probleme met veediefstal.

'n Plaaslike veeboer, Stefan du Plessis, het sowat twee weke gelede die diefstal van 27 merinoskape aangemeld, wat oornag verdwyn het.

Op 24 Julie het 'n oplettende toeris gesien hoe 'n moord van kraaie langs 'n deurloopvoor, wat onderdeur die R401 deurgaan, rondfladder en in die lug draai.

Sy het gestop om foto's te neem van die verskynsel, en vervolgens op drie volgepropte swart sakke met velle van vars geslagte skape afgekom.

Sy het dadelik verskeie oproepe gemaak na nommers wat sy ken, en kort voor lank kon Du Plessis die velle eien as dié van tien van sy 27 vermiste skape.

"'n Skrale troos," het hy gesê. "Sonder leidrade is daar geen vooruitsig op vervolging nie."

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’

Photos (1)

Velle van tien gesteelde skape gevind
1 / 1

Velle van tien gesteelde skape gevind

Original article: georgeherald.com

Related Articles