George Herald
Fri, 15 May·24°C
Home/News/Social/Gimmies onder Top-10 vir bloedskenk
Social

Gimmies onder Top-10 vir bloedskenk

George Herald
10 December 2025, 09:35(5 months ago)
6,152 views
Gimmies onder Top-10 vir bloedskenk
OUDTSHOORN NUUS - Die Wes-Kaapse Bloeddiens...

OUDTSHOORN NUUS - Die Wes-Kaapse Bloeddiens het die toptien skole aangewys wat die meeste eenhede bloed in 2025 geskenk het.

Langenhoven Gimnasium spog met ’n derde plek met 301 eenhede bloed.

Elke jaar word skole aangemoedig om deel te neem om sodoende ’n wesenlike verskil te maak deur bloed te skenk. Leerders wat kan bloed skenk word aangemoedig om dit te doen.

Marike Carli, bestuurder, publieke betrekkinge noem dat die Wes-Kaapse Bloeddiens baie trots is op die jong skenkers. “Die kinders se bereidwilligheid om bloed te skenk om ’n verskil in mense se lewens te maak wys hul leierskap en deernis en is ’n voorbeeld vir ander.”

Wes-Kaapse Bloeddiens

Die Wes-Kaapse Bloeddiens is ’n nie-winsgewende streekgesondheidsorganisasie wat daartoe verbind is om bloed te bekom deur vrywillige skenkings. Die organisasie is bekend dat hulle wêreldklas bloed voorsien en bedien gemeenskappe van George tot in Kaapstad.

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’

Photos (2)

Gimmies onder Top-10 vir bloedskenk
Oudtshoorn Courant 5 February 2026
1 / 2

Gimmies onder Top-10 vir bloedskenk

Original article: georgeherald.com

Related Articles