Gim en Terry-Liegh tydens nasionale toekennings vereer

OUDTSHOORN NUUS - Langenhoven Gimnasium en Terry-Liegh Murphy, ’n leerder van Bridgton Sekondêr, is gister, 29 Januarie, deur die Wes-Kaapse minister van onderwys, David Maynier, vereer tydens die Wes-Kaapse 2025 Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-toekennings.
Langenhoven Gimnasium het die eerste plek behaal vir uitnemende akademiese prestasie as die beste tegniese hoërskool in die 2025 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen. Die skoolhoof, Carl Snyman, het die toekenning namens die skool ontvang.
Terry-Liegh Murphy is onder die top-40-leerders in die Wes-Kaap aangewys, ’n besondere prestasie wat haar akademiese toewyding en deursettingsvermoë weerspieël.
Maynier het tydens die geleentheid gesê hy is trots op die wenners, sowel as op die hele Wes-Kaapse Klas van 2025. Hy het ook hul prestasies geloof as bewys van harde werk, ondersteuning en volgehoue fokus.
Van links is minister David Maynier, Terry-Liegh Murphy en primier Alan Winde. Foto: Bridgton Sekondêr-Facebook
Die Wes-Kaapse departement van onderwys het hulde gebring aan matriekopvoeders, wat die grondslag lê waarop leerders se drome gebou word, asook aan ouers wat hul kinders deur hul skoolloopbaan ondersteun het. Spesiale erkenning is ook aan borge gegee vir hul rol in die erkenning en beloning van talentvolle jongmense in die provinsie.
Met die oog op die Klas van 2026 is leerders aangemoedig om gefokus en toegewyd te bly. “Moenie dit vir iemand anders doen nie, doen dit vir jouself. Die moeite wat jy oor die komende jaar insit, is ’n direkte belegging in jou eie toekoms,” het hy gesê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’
Photos (3)



Gim en Terry-Liegh tydens nasionale toekennings vereer
Related Articles

Grade ones welcomed at Union Preparatory School
GRAAFF-REINET NEWS AND VIDEO - There was...

Van 45% na 77,3% in net 2 jaar! - Juf. Carol maak van mnr. Carel 'n groot sukses
SKOLENUUS - Behalwe die goeie resultate wat...

Spandau celebrates 75th anniversary
GRAAFF-REINET NEWS AND VIDEO - Spandau...
