George Herald
Fri, 15 May·24°C
Home/News/Crime/Daywin Jonas-moord: Saak weer uitgestel
Crime

Daywin Jonas-moord: Saak weer uitgestel

Kristy Kolberg
29 January 2026, 09:25(4 months ago)
4,556 views
Daywin Jonas-moord: Saak weer uitgestel
GEORGE NUUS - Twee broers van Pacaltsdorp, Jhrlique Olkers en Maciano Danster, wat teregstaan op die moord van Daywin Jonas (26), het vanoggend, Donderdag 29 Januarie, vlugtig in die George-streekhof
Kristy KolbergThursday, 29 January 2026, 11:25

Kort daarna was hy onbereikbaar. Sy verkoolde liggaam is die volgende dag langs die N9 naby Uniondale gevind en later deur DNS-toetse geïdentifiseer.

GEORGE NUUS - Twee broers van Pacaltsdorp, Jhrlique Olkers en Maciano Danster, wat teregstaan op die moord van Daywin Jonas (26), het vanoggend, Donderdag 29 Januarie, vlugtig in die George-streekhof verskyn.

Met hul vorige verskyning het dit aan die lig gekom dat Olkers se regsverteenwoordiger van die saak onttrek het.

Olkers moes dus nuwe regshulp inwin. Die hof het gelas dat die saak na Judicare verwys word sodat Olkers ’n nuwe regsverteenwoordiger kan kry.

Die saak is vanoggend uitgestel tot 17 Februarie vir sy nuwe regsverteenwoordiger om met hom te konsulteer.

Olkers het destyds aangedui dat hy en sy broer sedert hul inhegtenisname in Augustus 2023 nog nie vir borgtog aansoek gedoen het nie. Beide het hul borgtogaansoeke laat vaar.

Aan die lig van Olkers se nuwe regsverteenwoordiger, sal ’n verhoordatum bespreek en bevestig word. Albei beskuldigdes bly in aanhouding.

Die voorval

Jonas het op 26 Julie 2023 vermis geraak toe hy sy huis in Conville verlaat het om ’n voornemende koper, wat hy op Facebook Marketplace ontmoet het, te sien oor die verkoop van sy wit VW Citi Golf.

Hy het omstreeks 21:30 daardie aand vir sy meisie ’n boodskap gestuur waarin hy sê dat hy op pad is om die koper in die buitewyke van Pacaltsdorp te ontmoet.

Kort daarna was hy onbereikbaar. Sy verkoolde liggaam is die volgende dag langs die N9 naby Uniondale gevind en later deur DNS-toetse geïdentifiseer.

Die broers staar aanklagte van moord, vervalsing, besit van gesteelde eiendom en bedrog in die gesig, nadat hulle glo vir Jonas om die bos gelei en hom vermoor het.

Vorige artikels:

Marketplace-moord: weer uitgestelPacs-broers weer voor vir mood Verbyrit en begrafnis vir DaywinDaywin Jonas-moord: Broers laat vaar borgtogaansoekOpvolg: Broers laat vaar borgtogaansoek in Daywin Jonas-moordDNA test identifies body as Daywin Jonas'Missing man murderedMissing Daywin's car found, two in custodyVermiste Daywin: Ondersoek lei polisie na PacaltsdorpStill no trace of missing manSearch for missing man continues

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’

Photos (1)

Daywin Jonas-moord: Saak weer uitgestel
1 / 1

Daywin Jonas-moord: Saak weer uitgestel

Tags:daywin jonassaakmoord
Original article: georgeherald.com

Related Articles