George Herald
Fri, 15 May·24°C
Home/News/Crime/Conville-buurtwag reik uit na gemeenskap
Crime

Conville-buurtwag reik uit na gemeenskap

Alida de Beer
05 February 2026, 13:59(3 months ago)
3,136 views
Conville-buurtwag reik uit na gemeenskap
GEORGE NUUS - Die Conville-buurtwag het op Saterdag 31 Januarie n uitreik na die gemeenskap gehou om bewusmaking oor misdaadbekamping te skep en inwoners van die buurt aan te moedig om by die
Alida de BeerThursday, 05 February 2026, 15:59

Die buurtwag wil hernude pogings aanwend om patrollies te hervat in samewerking met die Conville-polisie

GEORGE NUUS - Die Conville-buurtwag het op Saterdag 31 Januarie 'n uitreik na die gemeenskap gehou om bewusmaking oor misdaadbekamping te skep en inwoners van die buurt aan te moedig om by die buurtwag betrokke te raak.

Lede van die buurtwag het saam met verskeie rolspelers soos die verkeersdepartement, korrektiewe dienste en die sekuriteitsmaatskappye, Fidelity en George Defence Force, 'n klein konvooi gevorm en deur die buurt beweeg om inligtingspamflette uit te deel.

Rudy Lewis, die dryfveer agter die buurtwag, sê hulle ondervind 'n vlaag van kabeldiefstal en koperwaterpype in die area. Dwelm- en alkoholmisbruik wat tot voorvalle van geweld lei, is ook 'n groeiende probleem.

"Ons wil hernude pogings aanwend om patrollies te hervat in samewerking met die Conville-polisie.

"Ons is in gesprek met hulle oor die moontlikheid. Die publiek kan egter 'n groot rol speel om hulleself te beveilig. Wees bewus van jou omgewing, beveilig jou huis en vermy roetinebewegings sover moontlik. Loop in goed beligte areas as jy saans uitgaan en moenie alleen rondbeweeg nie."

Inwoners van die Conville-area wat by die buurtwag wil aansluit, kan Lewis by 060 961 6163 kontak.

Lede van die buurtwag en ander rolspelers saam met die buurtwagvoorsitter, Rudy Lewis (vierde van links).
Lede van die buurtwag en ander rolspelers saam met die buurtwagvoorsitter, Rudy Lewis (vierde van links).

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’

Photos (2)

Conville-buurtwag reik uit na gemeenskap
Conville-buurtwag reik uit na gemeenskap
1 / 2

Conville-buurtwag reik uit na gemeenskap

Tags:conville buurtwagrudy lewis
Original article: georgeherald.com

Related Articles