Wes-Kaapse DSD verduidelik standpunt oor kindersorg

OUDTSHOORN NUUS - Die Wes-Kaapse departement van sosiale ontwikkeling het standpunt ingeneem oor sorghervorming en kinder- en jeugsorgsentrums.
Dit spruit uit kommer wat uitgespreek is deur nieregeringsorganisasies (NRO) tydens die Care Reform Summit wat in 2025 plaasgevind het.
Die Wes-Kaapse departement van sosiale ontwikkeling en aangewese kinderbeskermingsorganisasies was egter nie teenwoordig nie.
Ester Lewis, hoof van kommunikasie, verduidelik dat die departement ’n behoefte gebaseerde benadering volg wanneer dit kom by die sorg en beskerming van kinders.
“Afgevaardigdes het ’n plan ontwikkel om familiesorg universeel te maak om sodoende institusionele sorg teen 2030 uit te faseer.”
Daar is op die oomblik 43 000 kinders in pleegsorg, met ’n addisionele 2 800 kinders in jeugsorgsentrums wat deur NRO's bestuur word.
“Ons besef dat sorg in ’n familieopset ideaal is, maar in die Wes-Kaap is daar ’n groeiende nood vir jeugsorgsentrums vir kinders van alle ouderdomme wat weens verskeie redes nie by hul families teruggeplaas kan word nie. Dit sluit in kinders met ernstige gestremdhede, asook kinders met gedragsprobleme.”
Lewis beklemtoon dat die rol van voorkomende sorg kardinaal is en dat die departement sal voortgaan met hul vroeër gemeenskapsgebaseerde ingryp-programme met die doel om families te versterk.
Dit sluit in:
- Werwing van veiligheidsouers wat noodsorg aan kinders kan bied.
- Ouerskapprogramme wat huisomgewings versterk.
- Gemeenskapsgebaseerde bystand en ingryping vir dwelmmisbruik.
- Skuilings vir slagoffers van geslagsgebaseerde geweld en hul kinders.
- Sorgfasiliteite vir kinders wat in gevaar is.
Lees meer in die week se Oudtshoorn Courant oor die aksieplan wat vir Oudtshoorn beplan word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’
Photos (2)


Wes-Kaapse DSD verduidelik standpunt oor kindersorg
Related Articles

Locals protest for Ouberg Pass jobs
GRAAFF-REINET NEWS - The N9 to Middleburg...

Two taxis involved in fatal accident
GRAAFF-REINET NEWS - The police has finally...

Councillor opens fraud case against Dr Beyers Naudé Municipality
GRAAFF-REINET NEWS - Today, 4 February,...
