George Herald
Fri, 15 May·24°C
Home/News/National & World/Vermiste ‘Kokkedoor’-deelnemer se kar in Mbombela gevind
National & World

Vermiste ‘Kokkedoor’-deelnemer se kar in Mbombela gevind

Caxton Network News
04 February 2026, 13:01(3 months ago)
2,672 views
Vermiste ‘Kokkedoor’-deelnemer se kar in Mbombela gevind
NASIONALE NUUS EN VIDEO - Mariana Kotze, n voormalige deelnemer aan die gewilde kykNET-kookprogram Kokkedoor, word sedert eergister vermis. Dit volg nadat haar voertuig glo by die Nkomazi-tolhek

'n Moontlike KI-stemboodskap en 'n buskaartjie na O.R. Tambo-lughawe het 'n nuwe wending gebring in die verdwyning van voormalige 'Kokkedoor'-deelnemer Mariana Kotze.

Video

NASIONALE NUUS EN VIDEO - Mariana Kotze, ’n voormalige deelnemer aan die gewilde kykNET-kookprogram Kokkedoor, word sedert eergister vermis. Dit volg nadat haar voertuig glo by die Nkomazi-tolhek in Mpumalanga gekaap is.

Laevelder is aanvanklik deur die polisie instruksie gegee om geen inlgting oor haar verdwyning bekend te maak nie, maar ten spyte hiervan het berigte en plasings daaroor soos ‘n veldbrand op sosiale media begin versprei en groot kommer onder die gemeenskap ontketen.

Luitenant-Kolonel Jabu Ndubane, die provinsiale polisiewoordvoerder, het verduidelik dat die versoek om beriggewing te staak verband hou met onderhandelinge wat reeds met die vermeende ontvoerders aan die gang was en op daardie stadium as uiters sensitief beskou is.

Bewyse begin stadig na vore kom in die raaisel rondom die verdwyning van Mariana Kotze, ’n voormalige deelnemer aan die gewilde kookreeks, Kokkedoor.

4 Februarie 2026 teen 14:00

’n Skermskoot uit nuwe beeldmateriaal wat aan Laevelder verskaf is, bevestig dat Kotze met haar tasse gepak in ’n LimeTime-bus by Sonpark geklim het.

Lees die opvolg hier.

4 Februarie teen 10:13

Die raaisel rondom die verdwyning van Mariana Kotze, ‘n voormalige deelnemer aan die bekende kookreeks, Kokkedoor, het ‘n dramatiese wending geneem.

Volgens Laevelder is haar motor vanoggend by Sonpark Boulevard opgespoor, wat nuwe vrae laat ontstaan oor haar beweegredes. Die eienaar van iSecure, Braam Oosthuizen, het verduidelik dat een van hulle kliënte vanoggend die motor gesien het en hulle operasionele bestuurder, Stephan Coetzee, dadelik in kennis gestel het.

Videomateriaal toon hoe Kotze met haar tasse gepak, haar motor verlaat. ‘n Buskaartjie wat deur Laevelder gesien is dui daarop dat sy moontlik op pad was na O.R. Tambo Internasionale Lughawe.

Ondersoekers vermoed dat ’n stemboodskap wat aan haar man gestuur is, moontlik deur kunsmatige intelligensie gegenereer is.

Waarskuwing: Die volgende stemboodskap mag sensitiewe lesers onstel

Indien ondersoeke bevestig dat sy by die voorvalle betrokke was, kan moontlike aanklagte bedrog, poging tot diefstal en kubermisdaad ingevolge die Kubermisdaadwet, en die verydeling van die gereg insluit.

Laevelder het haar man probeer kontak vir kommentaar, maar kon hom nie bereik teen die tyd van publikasie nie.

Die saak ontwikkel steeds.

Kyk die video:

Article: Caxton Network News

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’

Video

Photos (1)

Vermiste ‘Kokkedoor’-deelnemer se kar in Mbombela gevind
1 / 1

Vermiste ‘Kokkedoor’-deelnemer se kar in Mbombela gevind

Tags:kokkedoormbombelakapingmariana kotze
Original article: georgeherald.com

Related Articles