Verkiesingsvure brand hoog

Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Kiesers en party-ondersteuners is vanoggend reeds vroeg uit die vere vir die tussenverkiesings in wyke 17 (Conville, Rosemoor) en 27 (dele van Pacaltsdorp).
Die partye wat kandidate beskikbaar gestel het sluit in die DA, PA, ANC en Truth and Solidarity Movement Party. By die Vincent Pallotti-kerk in Pacaltsdorp is slegs die DA en PA-party sigbaar.
Busse vol ondersteuners drom om die stalletjies buite die stemlokaal.
Die ander stemlokaal in Pacaltsdorp is by Pacaltsdorp Primêre Skool. Hier het die ANC ook 'n stalletjie opgeslaan, maar die Truth and Reconciliation Party is nie sigbaar nie.
Vir wyk 17 kan kiesers hul kruisie gaan maak by Conville-gemeenskapsaal of die Rosemoor dienssentrum vir bejaardes.
VIDEO: Party-ondersteuners van die DA en PA is opgewonde oor die tussenverkiesing vanoggend by die Vincent Pallotti stemlokaal. Video: Michelle Pienaar
Your browser does not support HTML5 video.
VIDEO: Al die raseriges doen hulle ding! Dis net blou en groen by Pacaltsdorp. Video: Michelle Pienaar
Your browser does not support HTML5 video.
Clareen Remas, oud-DA-raadslid van 2000, wys haar duimmerk. Remas is een van die vroeë stemmers by die Vincent Pallotti Kerk in Pacaltsdorp. Foto: Michelle Pienaar
DA & PA, Vincent Pallotti Kerk, Pacaltsdorp.
VIDEO: Die DA se kandidaat vir wyk 17 (Conville, Rosemoor), Marizaan Stoffels, vra kiesers om te hou by die blou. Sy self gaan haar kruisie by die blouhuis maak. Video: Verskaf
Your browser does not support HTML5 video.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’
Photos (12)












Verkiesingsvure brand hoog
Related Articles

Name Change: "Hear us at the hearings"
GRAAFF-REINET NEWS - This week marked a...

Nuwe raadslid het passie vir mense
ABERDEEN NUUS - Aberdeen se Johnnika Arries...

OVK sê hulle is gereed vir die registrasienaweek
OUDTSHOORN NUUS - Die Onafhanklike...
