Stemmery skop fluks af in Wyk 27

Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - 'n Lewendige atmosfeer heers reeds van vroegoggend af by Pacaltsdorp Primêre Skool, een van die verkiesingslokale in Wyk 27 waar vier kandidate teen mekaar te staan kom in 'n tussenverkiesing.
Die kandidate is Gail Ndukwana (ANC), Marchell Kleynhans (PA), Richard Hector (DA) en Victoria Rhoda (Truth and Solidarity Movement).
'n Vakature het in die raad ontstaan nadat Kleynhans einde verlede jaar uit sy setel as DA-raadslid bedank het om by die PA aan te sluit.
Daar is 3 842 geregistreerde kiesers in die wyk wat die buurte Protea Estate, Europa, Harmonypark, Seaview, Aldanah en 'n gedeelte van Oudorp insluit.
Kiesers van die wyk kan ook hul kruisies by die Vincent Palotti Katolieke Kerk gaan trek.
Die kieslokale sluit om 21:00.
VIDEO: Daar is 3 842 geregistreerde kiesers in wyk 27 wat die buurte Protea Estate, Europa, Harmonypark, Seaview, Aldanah en 'n gedeelte van Oudorp insluit. Video: Alida de Beer
Your browser does not support HTML5 video.
John Bosman en sy neef, Stantolean de Swardt het gesorg dat hulle hul kruisies vir Gayton McKenzie se party kom trek. Foto: Alida de Beer
Dolphina du Preez is 'n kieser wat die DA-kandidaat ondersteun. Foto:Alida de Beer
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’
Photos (12)












Stemmery skop fluks af in Wyk 27
Related Articles

Name Change: "Hear us at the hearings"
GRAAFF-REINET NEWS - This week marked a...

Nuwe raadslid het passie vir mense
ABERDEEN NUUS - Aberdeen se Johnnika Arries...

OVK sê hulle is gereed vir die registrasienaweek
OUDTSHOORN NUUS - Die Onafhanklike...
