George Herald
Fri, 15 May·24°C
Home/News/General/Nuwe verkeersbeamptes ontvang hul range
General

Nuwe verkeersbeamptes ontvang hul range

George Herald
03 February 2026, 23:25(3 months ago)
1,471 views
Nuwe verkeersbeamptes ontvang hul range
OUDTSHOORN NUUS - Agt provinsiale...

Gallery

OUDTSHOORN NUUS - Agt provinsiale verkeersbeamptes het Dinsdag 3 Februarie amptelik hul range tydens 'n spesiale seremonie in Oudtshoorn ontvang.

Lunny Spogter, Oudtshoorn se provinsiale verkeershoof, het die beamptes toegespreek en beklemtoon dat hul werk nie bloot 'n beroep is nie, maar 'n roeping.

Hy het hulle aangemoedig om altyd professioneel op te tree, hetsy in hul amptelike of persoonlike hoedanigheid, en om die gemeenskap met integriteit te dien.

"Bly op julle knieë, onthou dat julle die gemeenskap dien en benut die geleenthede wat aan julle gegee word om te groei. Party van julle sal eendag hoër range beklee, maar dit sal net gebeur as julle die geleenthede aangryp en voortdurend ontwikkel. Die belangrikste is om die werk te geniet," het Spogter gesê.

Die nuwe verkeersbeamptes het van 7 Januarie tot 8 Desember 2024 opleiding by die Gene Louw-verkeerskollege ontvang.

GALERY: Verkeersbeamptes ontvang range

In 2025 het hulle hul proeftydperk by Oudtshoorn provinsiale verkeersdepartement voltooi. Daarna moes hulle weer vir hul poste aansoek doen en deur 'n formele keurings-proses gaan om heraangestel te word.

Volgens Paul Stassen, die departement se eerste provinsiale verkeersinspekteur, is hul aanstelling 'n besondere prestasie, aangesien nie alle kandidate tydens die heraansoekproses gekeur word nie.

Die beamptes wat hul range ontvang het was Jamain Carelse, Alrich Daniels, Jody-Ann Erasmus, Lluwayne Meintjies, Anele Moko, Nathan van Wyk, Garned Wicomb en Athrine Willemse.

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’

Photos (11)

Nuwe verkeersbeamptes ontvang hul range
Nuwe verkeersbeamptes ontvang hul range
Nuwe verkeersbeamptes ontvang hul range
Nuwe verkeersbeamptes ontvang hul range
Nuwe verkeersbeamptes ontvang hul range
Nuwe verkeersbeamptes ontvang hul range
Nuwe verkeersbeamptes ontvang hul range
Nuwe verkeersbeamptes ontvang hul range
Nuwe verkeersbeamptes ontvang hul range
Nuwe verkeersbeamptes ontvang hul range
Oudtshoorn Courant 5 February 2026
1 / 11

Nuwe verkeersbeamptes ontvang hul range

Original article: georgeherald.com

Related Articles