Nuwe beeldmateriaal wys dat vermiste ‘Kokkedoor’-deelnemer in bus klim

Mariana Kotze is steeds vermis nadat sy in Mbombela op ’n LimeTime-bus geklim het, vermoedelik op pad na O.R. Tambo-lughawe.
NASIONALE NUUS - Bewyse begin stadig na vore kom in die raaisel rondom die verdwyning van Mariana Kotze, ’n voormalige deelnemer aan die gewilde kookreeks, Kokkedoor.
’n Skermskoot uit nuwe beeldmateriaal wat aan Laevelder verskaf is, bevestig dat sy met haar tasse gepak in ’n LimeTime-bus by Sonpark geklim het, nadat haar silwer Pajero Sport daar agtergelaat is.
‘n Administratiewe werker van die pendeldiens het haar herken en hulle bestuurspan dadelik in kennis gestel. Die bestuur het hierop reageer en hulle volle samewerking aan die owerhede gebied.
Videomateriaal
Die voertuig is vanoggend deur ’n kliënt van iSecure opgemerk, waarna operasionele bestuurder Stephan Coetzer ingelig is. Videomateriaal toon hoe Kotze uit haar motor klim en na die bus beweeg.
Beeldmateriaal van die pendeldiens se interne kamera het intussen bevestig dat sy tydens ’n vinnige stop in Middelburg, afklim- en weer opgeklim het. ’n Buskaartjie dui daarop dat sy moontlik op pad was na O.R. Tambo Internasionale Lughawe.
Intussen is daar ’n stemboodskap aan haar man, Boland, gestuur, wat vermoedelik moontlik deur kunsmatige intelligensie gegenereer is.
Kotze se verdwyning het die gemeenskap diep geruk en vrae laat ontstaan oor haar beweegredes. Haar man kon nie vir kommentaar bereik word teen die tyd van publikasie nie.
Article: Caxton Network News
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’
Photos (1)

Nuwe beeldmateriaal wys dat vermiste ‘Kokkedoor’-deelnemer in bus klim
Related Articles

Mama Mia! Oudtshoorn se Mej. SA op Cyril se toplys
NASIONALE NUUS - Oudtshoorn se eie Mia le...
Geskiedkundige dag vir Calitzdorp Congregational Church
CALITZDORP NUUS - Verlede Saterdag, 1...

SA to host water investment summit
NATIONAL NEWS - Government is set to host...
