Môrester se feesprogram vir 90-jarige bestaansjaar

OUTDSHOORN NUUS - Hoërskool Môrester, wat vanjaar sy 90ste bestaansjaar vier, het verlede Vrydagaand tydens ’n spoggeleentheid in die skoolsaal sy feesprogram vir 2026 bekendgemaak.
Volgens die skoolhoof, Brandon Claassen, word ’n skool nie slegs deur geboue en tradisies gevorm nie, maar deur mense, geloof en ’n gemeenskap wat nooit ophou hoop nie. Hy het beklemtoon dat die feesviering nie net ’n terugblik op die verlede is nie, maar ook ’n antwoord op ’n roeping.
“Die skool het ’n leemte geïdentifiseer wat nie langer geïgnoreer kan word nie, die behoefte aan veilige vervoer vir ons leerders. Daarom sal elke funksie, elke bydrae en elke oomblik van hierdie 90-jaar-fees ten bate van ons skoolbussieprojek wees.”
Oudhoofde, -opvoeders en -leerders, asook lede van die gemeenskap, word uitgenooi om minstens R90 te skenk vir die aankoop van die bussie. Claassen het die hoop uitgespreek dat die bussie teen die einde van die jaar aangeskaf sal kan word.
Lizahn van der Westhuizen, het die program bekendgestel.
“’n Viering van hierdie omvang is nie moontlik sonder samewerking nie. Die personeel is daarom in verskeie komitees en werkgroepe ingedeel om die werkslading te verlig,” het sy gesê.
Sy het ook erkenning gegee aan almal wat deur die jare tot die voortbestaan van die skool bygedra het, asook dié wat tans deel van die skoolgemeenskap is.
Feesprogram
- 13 Februarie: Skoolaktiwiteite
- 27 Februarie: Under the Stars - Buitelug fliekaand
- 17 April: Kroning van Mnr. en Mej. Môrester
- 29 Mei: Familiepretdag met braai en sport
- 27 Junie: Swing the Night Away-dans
- 7 en 8 Augustus: Derby-naweek - Môrester vs BSS
- 15 Augustus: Gholfdag by die Oudtshoorn-gholfklub
- 17 Oktober: Platform 90 - Trip around South Africa
- 8 November: Afsluitingskerkdiens
Hoërskool Môrester het in 1936 ontstaan in ’n tabakskuur in Noordstraat, Noordeinde, met mnr. SP Heunis as die eerste hoof. Die skool het later weens die Groepsgebiedewet na Bridgton verskuif.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’
Photos (2)


Môrester se feesprogram vir 90-jarige bestaansjaar
Related Articles

Locals protest for Ouberg Pass jobs
GRAAFF-REINET NEWS - The N9 to Middleburg...

Two taxis involved in fatal accident
GRAAFF-REINET NEWS - The police has finally...

Councillor opens fraud case against Dr Beyers Naudé Municipality
GRAAFF-REINET NEWS - Today, 4 February,...
