Maskam Water se gryswaterstelsel

- een van jou maklikste water-besparings metodes!
Advertorial
SAKENUUS - Tuinroete-Distriks-munisipaliteit - Maskam Water se uniek ontwerpte gryswaterstelsels bied talle voordele vir huiseienaars.
Minder munisipale water word gebruik vir tuine besproei en ander nie-drinkbare gebruike. Dit verlig dus die las op munisipale waterstelsels.
Die gryswaterstelsels word vooraf in die Maskam Water-fabriek vervaardig en kan landwyd afgelewer word. Die installasie is eenvoudig.
Alle gryswater uit die huis (storte, baddens, wasbakke en wasmasjiene) word filtreer en dan belug in stoortenks, wat sorg dat water aërobies en vars bly, en daar nie onaangename reuke ontwikkel nie.
Die water kan dan vir besproeiing, skoonmaak van harde oppervlaktes, en/of toiletspoel aangewend word.
Jou tuin kan dus heeljaar uitstekend lyk en jou groentetuin kan altyd in 'n goeie toestand wees en opbrengste lewer - selfs gedurende droogtetoestande en waterbeperkings.

Daar is twee opsies vir elke huiseienaar om van te kies:
Glasveseltenks wat ondergronds of op grondvlak geïnstalleer kan word.
Dit is beskikbaar in aanlegte met
1 500-liter,3 000-liter,7 000-liter of10 000-liter stoor kapasiteit.
'n Verdeelde stelsel, met ondergrondse filtrering sisteem en pompstasie. Die gefiltreerde gryswater word dan na bogrondse opgaartenks gepomp waar belugting plaasvind.
Vir groot kommersiële en industriële gebruik word gryswaterstelsels ontwerp om by die kliënt se behoeftes aan te pas.
Voorbeeld van 'n tenk.
Die opvang van reënwater is opsioneel op alle modelle om besproeiingswater aan te vul.
Die ontwerp vir die opvang van reënwater neem die beskerming van ons natuurlike waterlope in ag en voorkom oorlading van die rioolstelsels. Wanneer die gryswaterstelsel vol is, sal die gryswater oorloop na die rioollyn, terwyl reënwater oorloop na die stormwaterstelsel.

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’
Photos (5)





Maskam Water se gryswaterstelsel
Related Articles

Drostdy Hotel in Graaff-Reinet announces the arrival of Tebello Polisane as its General Manager.
BUSINESS NEWS - Drostdy Hotel in...

Embark on an Unforgettable Easter Adventure
BUSINESS NEWS - As Easter approaches,...

How Dry Ice Enhances Your Leisure Retreats
SPONSORED CONTENT - For all your cooling...
