Fasiliteit gevind vir kindersorgsentrum in Oudtshoorn
OUDTSHOORN NUUS - Sleutelrolspelers onder leiding van Kenneth Mazaleni, hoof departement sosiale ontwikkeling in die Eden-distrik, het Maandagoggend, 2 Februarie, by St. Luigi Scrosoppi-sorgsentrum bymekaargekom om die pad vorentoe rakende die sosiale probleme met straatkinders in Oudtshoorn te bespreek.
Die groep verteenwoordigers uit verskeie sektore spruit uit die aanvanklike maatskaplike gemeenskapskomitee wat deur burgemeester Johan Allers, in die lewe geroep is om gesamentlik oplossings vir dringende maatskaplike kwessies in die dorp te vind.
Die komitee bestaan uit twee verteenwoordigers van elke departement en sluit organisasies soos maatskaplike dienste, die plaaslike polisie, gemeenskapspolisiëringsforum, kinderwelsyn, Famsa, Meals on Wheels, die Oudtshoorn- en De Rust-toerismekantore, en munisipale strukture in.
Een van die belangrikste punte wat aangeraak is, is die behoefte aan 'n sentrum waar die kinders aan aktiwiteite kan deelneem en toegang tot maatskaplike dienste kan kry.
St. Luigi Scrosoppi het aangebied om 'n fasiliteit beskikbaar te stel waar die kinders met die nodige programme en aandag gehelp kan word. Kinders sal deur die dag in die sentrum wees en saans na hul ouerhuise terugkeer. Daar sal wel opgevolg word of die kind by die huis is in die aand of nie. Indien nie kan daar teen die ouers vir verwaarlosing opgetree word. Die sentrum gaan grootliks fokus op volhoubare ondersteuning, begeleiding en rehabilitasie.
Die program sal deur departement sosiale ontwikkeling en kindersorg bestuur word. Kinders wat van die straat afgehaal word sal na die fasiliteit geneem word en die nodige lêers sal geopen word om vas te stel waarom die betrokke kind nie in die skool of by hulle huise is nie.
Befondsing
Ester Lewis, mediawoordvoerder vir Jaco Londt, minister van sosiale ontwikkeling, het by navraag bevestig dat 'n besigheidsplan ontvang is vir die oprig van die sorgsentrum vir straatkinders in Oudtshoorn.
"Hoewel ons die besigheidsplan ontvang het, is daar tans nie befondsing vir die projek nie. Die departement sal later in die jaar befondsingvoorstelle aanvra waar nieregeringsorganisasies uitgenooi word om besigheidsplanne in te dien vir 'n verskeidenheid van gemeenskapsgebaseerde ontwikkeling en welsynsdienste."
Lewis het bygevoeg dat die tipe sentrums positief ontvang is in die provinsie en suksesvol probleme aanspreek.
"Kinders ontvang nie slegs kos en skoolbystand nie, maar is in 'n veilige omgewing met opgeleide sosiale werkers wat psigologiese probleme by kinders kan aanspreek."
Hulp gevra van publiek
Vir die die sentrum om te realiseer en funksioneer word daar van die publiek gevra om hande te vat.
Lees meer oor hoe jy kan help:
Hulp gevra om sentrum op te rig
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’
Photos (2)

Fasiliteit gevind vir kindersorgsentrum in Oudtshoorn
Related Articles

Locals protest for Ouberg Pass jobs
GRAAFF-REINET NEWS - The N9 to Middleburg...

Two taxis involved in fatal accident
GRAAFF-REINET NEWS - The police has finally...

Councillor opens fraud case against Dr Beyers Naudé Municipality
GRAAFF-REINET NEWS - Today, 4 February,...
