George Herald
Fri, 15 May·24°C
Home/News/Agriculture/Donderstorms krities vir 2026 saadoeste
Agriculture

Donderstorms krities vir 2026 saadoeste

George Herald
21 January 2026, 06:32(4 months ago)
8,138 views
Donderstorms krities vir 2026 saadoeste
OUDTSHOORN NUUS - Alhoewel saadboere, wat...

OUDTSHOORN NUUS - Alhoewel saadboere, wat laat verlede jaar geplant was, se oeste tot ’n groot mate die impak van die huidige droogte vrygespring het, is daar ernstige kommer oor die volgende oes indien dit nie ordentlik reën nie.

Soos reeds in ’n vorige berig genoem is, het boere wat besproeiingswater uit die Stompdrift- en Kammanassiedam kry nog genoeg water tot Augustus, maar boere wat buite die skema val se posisie rak benard.

Saadboerdery is een van die Klein-Karoo se grootste landboubedrywighede en boere maak nou gereed om aanplantings vir 2026-oes te doen.

Volgens David Malan, besturende direkteur van Klein-Karoo Saad, het die droogte die bedryf onkant gevang en boere is nog besig om te herstel van die vorige droogte wat in 2022 geëindig het.

“Ons was almal opgewonde toe die damme vol geraak het en daar ’n verwagting was van ’n goeie reënseisoen, maar toe bekruip die droogte ons weer en ek weet sommige boere het nog nie voldoende herstel na die vorige droogte nie,” het Malan gesê.

Volgens hom het die huidige droogte nie die lente-uie en uie-oes benadeel nie aangesien boere verlede jaar nog genoeg reën gehad het. Daar is egter kommer oor die kwaliteit van vanjaar se oes van wortelsaad aangesien sommige boere dalk nie genoeg water gehad het om hulle wortels tot aan die einde van die siklus water te gee nie.

Die aantal warm dae in Desember en Januarie het die situasie ook vererger.

“Ons groot kommer tans is dat boere teen Februarie die uieplantjies wat gesaai is, moet uitplant en daarvoor is reën dringend nodig.”

Johannes Delport, van Delport Broers Boedery in die De Rust-omgewing is reeds die derde geslag wat met saad boer. Hy beaam Malan se kommer. Hy sê dat dit veral boere bokant die Stompdriftdam is, wat nou swaarkry. “Hier onder die dam het ons nog leiwater tot Augustus, maar ons het dringend swaar reën nodig om damme vol te kry. Dit is al byna Februarie en ons donderweerseisoen is gewoonlik vanaf November tot Februarie.”

Wat hom bekommer is dat sommige boere die afgelope aantal maande skynbaar minder water het as tydens die vorige lang droogte. “Dit gaan vir boere baie moeilik wees om na die vorige droogte te oorleef as ons nou weer in ’n droogtesiklus ingaan, het Delport gesê.

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’

Photos (2)

Donderstorms krities vir 2026 saadoeste
Oudtshoorn Courant 5 February 2026
1 / 2

Donderstorms krities vir 2026 saadoeste

Original article: georgeherald.com

Related Articles