Boere in Mosselbaai hou asem op: Verdagte bek- en klouseer-geval ondersoek

Intussen het die organisasies gesê rolspelers in die landbousektor sal deurlopend op hoogte gehou word van verdere verwikkelinge.
Breaking News
MOSSELBAAI NUUS - ’n Verdagte geval van bek- en klouseer (BKS) word tans in die Mosselbaai-omgewing ondersoek.
Dít volg nadat Agri Wes-Kaap en die Rooivleis Produsente Organisasie Wes-Kaap vanoggend, Sondag 8 Februarie deur die Wes-Kaap Departement van Landbou se Veeartsenydienste hiervan in kennis gestel is.
Volgens ‘n persvrystelling deur die organisasies, is hulle in deurlopende kommunikasie met die Departement, wat die ondersoek hanteer.
Bek- en klouseer bly ’n staatsbeheerde siekte, en die Departement van Veeartsenydienste dra die verantwoordelikheid vir die bekamping en beheer daarvan.
‘n Woordvoerder van Agri Wes-Kaap, Rojeanne de Wet sê hoewel die geval nog as verdag beskou word en ondersoeke voortduur, word produsente reeds gemaan om uiters waaksaam te wees.
De Wet sê die belangrikheid van streng biosekuriteitsmaatreëls word weereens beklemtoon. Sy sê daar word veral sterk klem gelê op streng bewegingsbeheer van diere.
Lede is versoek om alle voorgeskrewe protokolle nougeset na te kom, geen diere onnodig te verskuif nie en biosekuriteit op plase sonder uitsondering toe te pas.
Intussen het die organisasies gesê rolspelers in die landbousektor sal deurlopend op hoogte gehou word van verdere verwikkelinge.
Volgens De Wet is die Bek- en Klouseer Gesamentlike Operasionele Komitee reeds geaktiveer en sal hulle Maandag 9 Februarie weer vergader om die situasie te bespreek en verdere maatreëls te oorweeg en te implementeer.
Bek- en klouseer is ’n hoogs aansteeklike virussiekte wat beeste, skape, bokke en ander gespletehoewige diere affekteer. Uitbrake kan ernstige ekonomiese gevolge vir produsente en die breër landbousektor inhou, veral weens handelsbeperkings en bewegingsbeheer.
Meer inligting sal beskikbaar gestel word sodra die uitslae van die ondersoek bevestig is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’
Photos (1)

Boere in Mosselbaai hou asem op: Verdagte bek- en klouseer-geval ondersoek
Related Articles

Locals protest for Ouberg Pass jobs
GRAAFF-REINET NEWS - The N9 to Middleburg...

Two taxis involved in fatal accident
GRAAFF-REINET NEWS - The police has finally...

Councillor opens fraud case against Dr Beyers Naudé Municipality
GRAAFF-REINET NEWS - Today, 4 February,...
